Ons het ‘n kollegiale samelewing geword.
Desnieteenstaande die feit dat die woord kollega so steriel soos ‘n alkoholdepper is!
Kollega is amper net so goed soos ‘n enema. En dan is ek nog diskriminerend teenoor die woord enema, want die ding het ten minste ‘n funksie. Dit maak skoon!
Maar kollega hou jou so op ‘n armlengte-afstand. Dit laat jou nie te naby aan iemand kom nie. Dit maak jou nog nie sy vriend of sy pel nie!
Net so met sms’e. Hoekom nie iemand bel as sy verjaar nie? Ons stuur kollegiale sms’e en skryf op ons vriende se Facebookmure.
Makliker, hoor ek jou sê. Goedkoper, hoor ek iemand anders sê.
Snert! Dit is die kollegialiteit van ons samelewing, wil ek vir jou sê. Dit hou mense op ‘n afstand en nie so naby aan jou lyf nie.
Kom ons stop dié kollegialiteit en maak weer ons vriende ons pelle. Laat hulle jou stem hoor as hulle verjaar of as hulle siek is, want dit is net as ek jou stem hoor, dat ek weet hoe jy oor my voel.
I get by with a little help from my friends. – John Lennon
The problem with communication is the illusion that it has occurred. – George Bernard Shaw
Electric communication will never be a substitute for the face of someone who with their soul encourages another person to be brave and true. – Charles Dickens
Image: sippakorn/FreeDigitalPhotos.net
Great!
Dankie!
DANKIE DAT JY ONS HIERAAN HERINNER.
Dankie, Hennie! Geniet die vakansie!
Hello Rian!
Ai, dit reen darem alte lekker hier. Ek is seker die skuldigste sms’er en wall’er, ek het so begin raak na al die hoe-gaan-dit-nee-dit-gaan-goed-formaliteite, maar ek dink jy is reg, mens kan om dit werk.
Ek het ‘n voeltjie hoor fluit jy kom dalk een van die dae weer hierdie kant toe, sien uit daarna.
Groete!
Jakkie, sien julle in Mei en erens aan die einde van Augustus. Mooi loop!