Ek het genoeg …

Het jy al in die middel van die nag wakker geword en besef hoe geseënd jy regtig is?

Nou die oggend vroeg was dit weer my beurt.

Ek word so drieuur se kant wakker met die reën en noordewind wat teen die kamervenster stoei. Skielik kom daar ’n onbeskryflike dankbaarheid in my hart vir my warm bed, die dak oor my kop en die ruit wat die wind en reën van my lyf hou.

Tog is die Kaap nie eenhonderd persent Hollands nie. ’n Onverklaarbare ysigheid kom kruip tussen my en die komberse in. Eintlik moet ek sê, in my kop in.

Want ek onthou skielik dat daar iewers buite mense is wat nie so bevoorreg soos ek is nie.  Wat net ’n stuk karton of plastiek het om die wind en reën buite te hou.  Wat nie net kan omdraai en verder slaap nie, want ’n mens slaap nie lekker as jy nat is nie.

Dit is dan wat ek skaam word dat ek kla en nog wil hê, want het ek dan nie reeds genoeg nie?

Dit is ook dan dat ek die antwoord van die tuinwerker aan die miljoenêr onthou …

Miljoenêr: Ek verstaan nie hoekom jy nie ook so baie geld en besittings soos ek wil hê nie?

Werker: Want ek het genoeg …

In die vroegoggendure rol ek rond en wonder oor wanneer genoeg dan genóég is?

Ek slaap nou glad nie en dit voel of die wind en reën net met my praat.

Be thankful for what you have; you’ll end up having more. If you concentrate on what you don’t have, you will never, ever have enough. – Oprah Winfrey

Persons who have been homeless carry within them a certain philosophy of life which makes them apprehensive about ownership – Jerzy Kosinski

Image: Maggie Smith

(Visited 166 times, 1 visits today)

,

No comments yet.

Leave a Reply