Wat ons sal sê as jy dood is…

Ek het nie vir Jakes Gerwel geken nie.

Geweet van hom, maar nie geken nie.

Maar as ek lees wat die mense van hom sê, dan was hy ‘n formidabele mens.  Met die klem op mens.

Iemand wat nie net aan homself gedink het nie, maar aan al die ander rondom hom. Hy was ’n ware dienaar. ’n Dienaar van sy mense en van sy land.

Nog iemand wat my baie aan Jakes Gerwel laat dink, is Van Zyl Slabbert wat op 14 Mei 2010 oorlede is.

Breyten Breytenbach het op 15 Oktober 2009 ’n brief, wat hy met die volgende woorde afgesluit het, aan Slabbert geskryf:

My vriend, jy wat so lief is vir die gedigte van Van Wyk Louw het my dikwels daaraan herinner dat die dag kom wanneer die wyn oor die glas se donker rand gestort word. Dis onvermydelik. Ons sal die Grootbeer nie kan pypkan wanneer hy ons nader wink nie. Maar watter wonderlike lewe was dit nie!

Hier is ons nou, blink gelap maar skoon. Ons sal ons nie laat onderkry nie. Van oorkant die water lig ek ’n glasie om vir jou te sê: Dankie, my maat. Dankie vir alles. Kyk mooi na jouself.

Ons waardeer jou. Ons eer jou. Ons is lief vir jou, Oubaas.

Gelukkig is Sabbert nog tyd gegun om dié pragtige woorde te kon lees.

Wonder jy ooit wat ons oor jou sal sê as jy dood is?  Wie gaan daar wees en wat gaan hulle sê?

Miskien is dit presies die parallaksfout wat baie mense met hul lewens maak. Die gewonder oor wat hulle gaan sê.

Dit is in elk geval die mense wat wonder oor wat mense oor hulle gaan sê, wat met oppervlakkighede en banaliteite na hul dood tevrede moet wees.

Mense soos Jakes Gerwel en Van Zyl Slabbert wat nie wonder oor wat mense sal sê nie, dis oor hulle wat Russel Botman skryf en sê:

Almal moet egter verstaan: Jakes Gerwel, die revolusionêre denkleier, is nie weg nie, hy is net oorlede.

Hulle is nie weg nie …

 

To live in hearts we leave behind is not to die. Thomas Campbell

In three words I can sum up everything I’ve learned about life: it goes on. Robert Frost

Every man dies. Not every man really lives. – William Wallace

(Visited 230 times, 1 visits today)

, , , ,

8 Responses to Wat ons sal sê as jy dood is…

  1. Jacob Rheeder December, Monday 3 2012 at 3:42 pm #

    Maak jou merk, beweeg aan, maak jou volgende merk

  2. magda basson December, Monday 3 2012 at 4:17 pm #

    Ek glo – leef vir vandag – more sorg vir homself, en sê jou sê of dit wat op jou hart is – wie weet miskien word jy onthou daarvoor en as dit nie so is nie dan is alles ook maar reg – ten minste het jy jou opinie gelig en nie met ‘n wrok rondgestap nie!

  3. Chris Viljoen December, Tuesday 4 2012 at 12:05 pm #

    Ek het ook probeer om dit wat ek glo voorop te stel.Dit was nie aldag maklik nie en soms gevoel almal wag net tot iemand iets doen om dan net te kritiseer, maar alte sku is om self te waag!Tog glo ek vas dat ek veel eerder sou wou onthou word as iemand wat wel ‘n opinie gehad het, al was dit nie noodwendig die beste of die enigste nie.Charles Handy het dit goed gestel, nl ”We need not stumble backwards into the FUTURE; casting long glances at what used to be; we can turn around and face a changed reality.It is after all, a safer posture if you want to keep moving.”

    • Rian Truter December, Tuesday 4 2012 at 2:49 pm #

      Chris – Altyd makliker om vanuit die boot te kyk en kommentaar te lewer oor hoe ander probeer swem!

  4. Pierre Potgieter December, Tuesday 4 2012 at 1:45 pm #

    Ons skoolhoofde is so blootgestel en moet altyd oor ons skouers loer, want hulle wag net dat ons iets verkeerd doen. Ek hoop dat ek eendag kan terugkyk en se dat ek vir alle kinders wat in my sorg was iets kon beteken. Wat ‘n voorreg om op hierdie wyse te kan dien. Kahlil Gibran se “Jy gee maar min as jy van jou besittings gee. Dit is wanneer jy van jouself gee dat jy werklik gee”.
    Rian, hou aan om jou piesangs en jellietots met ons te deel.

    Pierre

    • Rian Truter December, Tuesday 4 2012 at 2:50 pm #

      Dankie, Pierre! Sal probeer om P&J aan die gang te hou.

Leave a Reply