blah, blah, blah
en
dieselfde ou storie nie.
10 Maart 2027
Protea Hotel Marriott Stellenbosch & Conference Centre
Ek gaan jou nie leer om vinniger te tik of beter te multitask nie. Ek wil iets eenvoudiger en waarskynlik belangriker doen: jou anders laat dink oor jou werk, jou waarde en jou plek in die groter skoolspan.
Ek het die Kopskuif Admin Werkswinkel geskep as ’n energieke, menslike dag vir mense wat dikwels agter die skerms werk. ’n Kans om asem te haal, nuwe gedagtes te kry en weer te onthou dat jou werk saak maak.
Goeie aanbiedings
Baie lag
Vars gedagtes
Lekker kos
Gesprekke met mense wat jou wêreld verstaan
Nuwe energie
As jy op een of ander manier met skooladministrasie gemoeid is, is jy welkom: sekretaresses, bursars, persoonlike assistente en al die ander fancy titels wat ek vergeet het om te noem.
Jy hoef nie ’n spesifieke posvlak te hê nie. As jy jou denke wil uitdaag, met nuwe energie wil teruggaan werk toe en weer jou eie waarde in die groter prentjie wil raaksien, is hierdie dag vir jou.
SEKRETARESSES
TESOURIERS
PERSOONLIKE ASSISTENTE
EN AL DIE ANDER FANCY TITLES...
Want “slegs die sekretaresse”
bestaan nie.
Hierdie werkswinkel gaan ook daaroor om weer raak te sien dat administratiewe werk nie bloot ondersteunend is nie. Dit is deel van die hartklop van ’n skool.