Ek is...

RIAN.

Mense, Skole, Leiers, Spanne
Gesprekke wat saak maak.


My Storie


Ek is in Cradock gebore, het my eerste skooljaar in Kimberley begin en uiteindelik aan Jan van Riebeeck in Kaapstad gematrikuleer. Daarna was dit Stellenbosch Universiteit, ’n graad in 1976 en ’n groot hoeveelheid kennis wat ek sedertdien vergeet het. Vandag is ek steeds ingeskryf by die Universiteit van die Lewe.

Ek het 30½ jaar in openbare skole gewerk, eers as onderwyser en later as skoolhoof van DF Malan Hoërskool in Bellville. Toe het ek van loopbaan verander en vir myself begin werk. Ek werk graag vir enigeen wat my wil hê en my kan bekostig. (Die bekostig-deel is veronderstel om ’n grappie te wees).

Vandag werk ek met skole, leiers, personeelspanne en organisasies deur praatjies, leierskapontwikkeling, strategiese sessies, konsultasie en spanbou.

Ek hou van mense met ’n passie vir die lewe. Eintlik hou ek van enigiets met passie. In dieselfde asem: ek sukkel met mense wat hul kosbare lewe mors.

’n Paar goed waarvan ek hou...


Nie noodwendig in die volgorde nie

Skryf

Mense

Reis

Die jeug

Leierskap

Die buitelewe

Kook

Rooiwyn

Hoe ek daaroor dink


Ek probeer om vir my kleinkinders, en almal wat wil luister, te wys om so ongekompliseerd moontlik te leef en om die kleinste voetspoor wat ons kan, op die aarde agter te laat.

In ander woorde


Moet ek met jou span, skool of gehoor kom praat?


Kom ons gesels.

KONTAK MY →