KopskuifMain

Kopskuif-byeenkomste bied aan leiers die geleentheid om met ander leiers en denkers skouer te skuur.  Kopskuif poog om leiers se kreatiwiteit te prikkel, te inspireer en om hul te bemagtig om met  verantwoordelikheid voor te loop. Ook bied kopskuif die geleentheid van netwerking; nie net met leiers binne jou bedryf nie, maar ook met persone in ander beroepe.

Maar lees gerus wat sê diegene wat al ’n byeenkoms bygewoon het:

• Net n woord van dank van my en ek dink ek kan namens die ander SBL lede ook praat. Vir my was dit nie net insiggewend uit n skool perspektief nie, maar ook persoonlik.  Dit is werklik besonders om sulke geleenthede te kan bywoon!  Dit gee my ook gemoedsrus dat ons skool met die regte dinge besig is! – Fanus Mostert  (Voorsitter BL LS Noord-Eind).

• Baie dankie vir dié inisiatief. Ek hou baie van die konsep. Die venue was uiters geskik, die spreker uit n ander klas en die interaksie na die tyd was nou baie lekker vir my. Hierdie lekker gesels na die meer formele gedeelte is waar ek weer krag opwek, lekker met ou vriende gesels en dan ook sommer nuwe vriende maak. – Hennie vd Spuy (Skoolhoof LS De Vrije Zee)

• Thank you very much for the very informative session on School Branding, which we attended. This is such a relevant topic which we certainly can use at our or any school. We are most fortunate to be part of this and to be exposed to a quality corporate presenter like Pieter Cronjé. We do miss the exposure to these high quality speakers and am truly grateful to you for your initiative in bringing them to Gauteng. We certainly look forward to having many more presentations by execut!ve in Gauteng. It also gives schools an opportunity to have more staff attend these excellent presentations held at five star venues at a reasonable cost.  Thank you again. We look forward to the next one. – Hennie Pretorius (Principal Glenstantia Primary School)

• Ons wil graag baie dankie sê vir ‘n wonderlike geleentheid waarby ons as skool betrokke kon wees. Dit was vir my baie lekker om my hele bestuurspan te kon vat om weer batterye te laai en ook ‘n mindshift te kon maak in terme van ‘n baie belangrike onderwerp. My span was baie beïndruk met die aanbieding en is oorgehaal om weer ‘n verskil te gaan maak in hulle onderskeie afdelings. Pretoria was vir ons relatief naby en ons sou graag wil sien dat daar in die toekoms meer van hierdie geleenthede plaasvind. – Wouter Immelman (Skoolhoof Laerskool Kenmare Krugersdorp)

• My staff and I thoroughly enjoyed the afternoon. We were inspired by Pieter’s presentation. Your execut!ve initiative is amazing and Monday was testament to its success! Congratulations! Look forward to the next one. – Carol Drysdale (Principal Rivonia Primary School)

Wie moet die geleentheid bewoon?

Enige iemand wat voel hulle benodig ’n kreatiewe inspuiting of sommer net ’n bietje woema vir hul beroep. Mense wat professioneel en persoonlik wil groei en ontwikkel. Let wel: Kopskuif is nie tot ’n spesifieke beroep, posvlak of titel beperk nie. Almal is meer as welkom!

Kopskuif Agenda for 2018

Kaap, Stellenbosch : Beyerskloof

1.  Thursday 22 February 2018: Dr Braam Hanekom UITVERKOOP!!

2.  Thursday 16 August 2019

3.  Thursday 15 November 2018

Gauteng, Pretoria : Leriba LodgeMonday 12 March 2018

  1. Monday 12 March 2018 : Dr Gillian Arendse >Let Attitude be the Game Changer as you move from VICTIM to VICTOR!
  2. Monday 17 September 2018.

En kyk wie was daar!

Dr Gillian Arendse op Stellenbosch.

Dr Gillian Arendse op Stellenbosch.

Dr Braam Hanekom saam met skoolhoofde op Stellenbosch.

Dr Braam Hanekom saam met skoolhoofde op Stellenbosch.

Prof Erwin Schwella was die heel eerste spreker van Kopskuif op Stellenbosch.

Prof Erwin Schwella was die heel eerste spreker van Kopskuif op Stellenbosch.

Gesien by die 1e Kopskuif in Gauteng : Erich Cloete(LS Westerlig), Pieter Cronjé (Aanbieder), Annieka Moolman en At Oosthuizen (LS Constantiapark).

Gesien by die 1e Kopskuif in Gauteng : Erich Cloete(LS Westerlig), Pieter Cronjé (Aanbieder), Annieka Moolman en At Oosthuizen (LS Constantiapark).